Judges 17:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het die geld aan sy moeder teruggegee; en sy moeder het twee honderd sikkels silwer geneem en dit aan die stigter gegee, wat daarvan 'n gesnede beeld en 'n gegote beeld gemaak het; en dit was in die huis van Miga. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hy die silwer vir sy ma teruggegee het, het sy sowat twee en ’n half kilogram daarvan gevat en vir ’n silwersmid gegee om daarvan ’n beeld te maak om te aanbid. Dit is toe in Miga se huis gesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder twee honderd sikkels silwer en gee dit aan 'n goudsmid; en hy het daar 'n gesnede en 'n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het. |
| Afrikaans 1983 | Nadat hy die silwer aan sy ma terugbesorg het, het sy sowat twee en 'n half kilogram daarvan gevat en vir 'n silwersmid gegee om 'n afgodsbeeld te maak. Dit is toe in Miga se huis gesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hy het die silwer weer vir sy moeder teruggegee, en sy moeder het tweehonderd sikkel silwer geneem en dit vir 'n silwersmid gegee. Hy het 'n gesnede beeld, 'n gegote beeld, daarvan gemaak, en dit was toe in Miga se huis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het 200 stukke silwer geneem van die silwer wat Miga vir haar teruggegee het, en sy het dit vir 'n silwersmid gegee. Die silwersmid het 'n beeld gemaak van die silwer. Die beeld het in Miga se huis gestaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat hy die silwer vir sy ma teruggegee het, het sy ongeveer twee en ’n half kilogram daarvan gevat en dit vir ’n silwersmid gegee om ’n afgodsbeeld mee te maak. Toe die beeld klaar was, is dit in Miga se huis gesit. |