Judges 17:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy die elf honderd sikkels silwer aan sy moeder teruggegee het, het sy moeder gesê: Ek het die silwer geheel en al aan die HERE uit my hand gewy vir my seun, om 'n gesnede beeld en 'n gegote beeld te maak; dit vir jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die dertien kilogram silwer na sy ma toe teruggebring. Sy sê toe: “Ek wy hierdie silwer aan die Here. Ter wille van my seun laat ek daarvan ’n beeld giet. So gee ek dit weer vir jou terug, my seun.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee. |
| Afrikaans 1983 | Die man het die dertien kilogram silwer vir sy ma teruggebring, en toe sê sy: “Ek wy die silwer in belang van my seun aan die Here. Jy moet daarvan 'n afgodsbeeld maak. Ek gee dit vir jou terug, my seun.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het toe die eenduisend eenhonderd sikkel silwer teruggegee vir sy moeder, maar sy moeder het gesê: “Ek wy die silwer volledig aan die Here. Dit is uit my hand vir my seun, om daarvan 'n gesnede beeld en 'n gegote beeld te maak. Ek gee dit dan nou weer vir jou.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die 1 100 stukke silwer vir sy ma teruggegee. Maar toe sê sy: “Ek wy die silwer alles aan die Here, en ek gee dit vir my seun om 'n beeld te maak. Ek gee dit nou vir jou terug.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hy die silwer vir haar teruggee, het sy gesê: “Om te keer dat die vloek my seun tref, dra ek hierdie silwer aan die Here op. Vat dit nou vir jou, my seun, en gaan maak vir jou ’n afgodsbeeld daarvan.” |