Judges 17:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir sy moeder: Die elf honderd sikkels silwer wat van jou weggeneem is, waaroor jy gevloek en ook voor my ore gespreek het, kyk, die silwer is by my; Ek het dit gevat. En sy moeder sê: Geseënd is jy deur die HERE, my seun!
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir sy ma gesê: “Ma het die persoon vervloek wat die dertien kilogram silwer van Ma gesteel het. Dit is ek wat dit gevat het.” Sy ma sê toe vir hom: “My seun, mag die Here jou seën omdat jy dit erken het.”
Afrikaans 1933/1953 Di, het aan sy moeder gesê: die elf honderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u 'n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het -- hier is die geld by my,,k het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun!
Afrikaans 1983 Hy het vir sy ma gesê: “Daar is dertien kilogram silwer van Ma gesteel. Ek het gehoor hoe Ma dit vervloek, maar dit is by my. Ek het dit gevat.” Toe sê sy ma vir hom: “Mag die Here jou seën, my seun.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir sy moeder gesê: “Daardie eenduisend eenhonderd sikkel silwer wat van ma gesteel is, en waaroor ma 'n vloek uitgespreek het, wat ma ook ten aanhore van my herhaal het – kyk, die silwer is hier by my. Dit is ek wat dit gevat het.” Sy moeder het gesê: “Geseënd is my seun, deur die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir sy ma gesê: “Ma, onthou jy daardie 1 100 stukke silwer wat iemand van jou gesteel het? Ek het gehoor toe jy daardie dief vervloek het. Daardie silwer is by my, ek het dit gevat.” Toe sê sy ma: “Die Here sal jou seën, my seun.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag het hy vir sy ma gesê: “Ek het gehoor hoe Ma die persoon vervloek wat daardie dertien kilogram silwer van Ma gesteel het. Wel, hier is dit terug, want ek is die een wat dit gesteel het.” “Mag die Here jou seën omdat jy dit teruggegee het, my seun,” het sy gesê.