Judges 17:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Miga vir hom: Bly by my en wees vir my 'n vader en 'n priester, en ek sal jou jaarliks tien sikkels silwer gee, en 'n kleed en jou lewensmiddele. So het die Leviet ingegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kom bly dan by my,” het Miga vir hom gesê. “Jy kan my raadgewer en my priester wees. Ek sal vir jou kos en klere en veertien gram silwer ’n jaar gee.”
Afrikaans 1933/1953 En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my 'n vader en 'n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en 'n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,
Afrikaans 1983 Toe sê Miga vir hom: “Bly by my en wees vir my 'n leermeester en 'n priester, dan gee ek jou honderd en veertien gram silwer in 'n jaar, en kos en klere.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Miga vir hom: “Bly by my en wees vir my 'n vader en 'n priester. Ek sal vir jou tien sikkel silwer in 'n jaar gee, asook klere en jou lewensonderhoud.” Die Leviet het daarmee akkoord gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Miga vir hom: “Jy moet by my bly. Jy moet vir my leer en jy moet vir my 'n priester wees. Ek sal elke jaar vir jou tien stukke silwer betaal en ek sal vir jou klere en kos gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Bly by my, word my raadgewer en my priester. In ruil daarvoor sal ek jou elke jaar 114 gram silwer en kos en klere gee,” het Miga vir hom gesê.