Judges 16:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Simson sê vir haar: As hulle my bind met sewe groentjies wat nooit opgedroog het nie, dan sal ek swak word en soos 'n ander man wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Simson het haar geantwoord: “As hulle my vasbind met sewe vars boogsnare wat nog nie uitgedroog het nie, sal ek soos enige ander mens wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Simson sê vir haar: As hulle my bind met sewe vars lyne wat nie uitgedroog is nie, dan sal ek swak word en wees soos 'n ander mens. |
| Afrikaans 1983 | Simson het haar geantwoord: “As hulle my vasbind met sewe boogsnare wat nog klam is, sal ek magteloos wees. Ek sal soos 'n gewone mens wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Simson het haar geantwoord: “As hulle my vasbind met sewe vars boogsnare wat nog nie uitgedroog is nie, sal ek swak word en soos enige ander mens wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Simson het vir haar gesê: “As mense my vasbind met sewe nuwe boogsnare wat nog nie droog geword het nie, dan sal ek niks kan doen nie. Ek sal soos ander mense wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simson het haar geantwoord: “As hulle my met sewe klam boogsnare vasmaak, sal ek net so magteloos wees soos enige ander mens.” |