Judges 16:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Delíla vir Simson: Vertel my tog waarin jou groot krag lê en waarmee jy gebind kan word om jou te verdruk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Delila het toe vir Simson gevra: “Vertel my ’n bietjie waar jou groot krag vandaan kom. Hoe kan ’n mens die oorhand oor jou kry?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe vra Del¡la vir Simson: vertel my tog waardeur jou krag so groot is, en waarmee jy gebind kan word om jou te bedwing. |
| Afrikaans 1983 | Delila het toe vir Simson gevra: “Sê my tog waarin lê jou groot krag, en waarmee kan 'n mens jou vasbind om jou in sy mag te kry?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Delila sê toe vir Simson: “Vertel asseblief vir my waarin jou groot krag lê, en hoe jy vasgebind kan word om jou weerloos te laat.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Delila het vir Simson gevra: “Sê asseblief vir my hoekom is jy so sterk en waarmee kan 'n mens jou vasbind sodat jy nie kan loskom nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Delila het toe vir Simson gevra: “Sê tog vir my waar kom jy aan jou bomenslike krag. Wat sou ’n mens moes gebruik om jou so vas te maak dat iemand jou kan oorrompel?” |