Judges 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die vorste van die Filistyne na haar toe gekom en vir haar gesê: Verlok hom en kyk waarin sy groot krag lê, en hoe ons hom kan oorwin, dat ons hom kan bind om hom te verdruk; en ons sal gee u elkeen van ons elfhonderd sikkels silwer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die leiers van die Filistyne het met haar gaan onderhandel: “Pols hom dat jy kan uitvind hoekom hy so sterk is. Vind uit hoe hy oorweldig en vasgebind kan word. Ons sal elkeen vir jou dertien kilogram silwer gee.”
Afrikaans 1933/1953 Toe kom die vorste van die Filistyne na haar op en sê vir haar: Haal hom oor en vind uit waardeur sy krag so groot is, en waardeur ons hom kan oorweldig en hom kan bind om hom te bedwing; dan sal ons jou elkeen elf honderd sikkels silwer gee.
Afrikaans 1983 Die leiers van die Filistyne is toe na haar toe, en hulle het vir haar gesê: “Verlei hom en vind uit waarin lê sy groot krag en hoe ons hom kan oorrompel om hom vas te bind en in ons mag te kry. Elkeen van ons sal jou dan dertien kilogram silwer gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die regeerders van die Filistyne het na haar toe opgegaan en vir haar gesê: “Praat hom om en vind uit waarin sy groot krag lê, en hoe ons hom kan oorweldig en vasbind om hom weerloos te laat. Elkeen van ons sal vir jou eenduisend eenhonderd sikkel silwer gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers van die Filistyne het na haar toe gekom en vir haar gesê: “Jy moet by Simson uitvind hoekom hy so sterk is en hoe ons hom kan vasbind sodat hy nie kan loskom nie. Elkeen van ons sal dan vir jou 1 100 stukke silwer gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers van die Filistyne het met haar gaan praat en vir haar gesê: “Verlei vir Simson om jou te vertel waar sy krag vandaan kom. Vind ook uit hoe ons hom kan oorrompel om hom te boei sodat hy magteloos is. As jy dit doen, sal ons elkeen vir jou dertien kilogram silwer gee.”