Judges 16:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Simson het toe die twee middelste pilare gegryp waarop die huis gestaan het en waarop dit opgelig is, die een met sy regterhand en die ander met sy linkerhand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Simson het met sy hande teen die twee hoofpilare gedruk waarop die gebou rus. Hy het met sy regterhand en sy linkerhand elkeen teen ’n pilaar gedruk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Simson slaan sy arms om die twee middelste pilare waar die huis op gerus het, die een met sy regter-- en die ander met sy linkerhand, en leun teen hulle aan. |
| Afrikaans 1983 | Simson het die twee middelpilare waarop die tempel rus, vasgevat en teen hulle geleun met sy regterarm om die een en sy linkerarm om die ander. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Simson vat toe die twee middelste pilare vas waarop die tempel rus, en leun teen hulle aan, met die een aan sy regterkant en die ander aan sy linkerkant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gevoel aan die twee pilare waarop die dak van die tempel was, die pilare in die middel van die tempel. Hy het teen die pilare gestaan, met sy regter-hand teen een pilaar en met sy linker-hand teen die ander pilaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simson het die twee middelste stutpilare van die tempel tussen sy arms vasgevat, met al sy mag teen hulle gedruk |