Judges 16:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Simson die HERE aangeroep en gesê: HERE HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God, dat ek dadelik op die Filistyne gewreek kan word vir my twee oë.
Afrikaans (NLV) 2011 Simson bid toe tot die Here: “Oppermagtige Here, dink tog aan my! God, maak my tog net hierdie een keer so sterk dat ek my op die Filistyne kan wreek vir my oë!”
Afrikaans 1933/1953 Toe roep Simson die HERE aan en sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God, dat ek my oor een van my twee oë op die Filistyne kan wreek!
Afrikaans 1983 Toe roep Simson tot die Here: “Here my God, dink tog aan my! Maak my tog net hierdie een keer sterk, o God, dat ek my met een daad op die Filistyne kan wreek oor my twee oë!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe roep Simson na die Here en sê: “ Here, my Heer, dink tog aan my! Maak my asseblief nog net hierdie keer sterk, o God, sodat ek my vir een van my twee oë op die Filistyne kan wreek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Simson het tot die Here gebid en gesê: “Here, my Here, dink aan my en maak my nog hierdie een maal sterk. Ek wil die Filistyne straf omdat hulle my oë uitgesteek het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe bid Simson: “Here my God, sien my tog raak! O God, maak my nog hierdie een keer sterk sodat ek my op hierdie Filistyne kan wreek oor my twee oë!”