Judges 16:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die huis was vol manne en vroue; en al die vorste van die Filistyne was daar; en daar was op die dak omtrent drie duisend manne en vroue wat gekyk het terwyl Simson sport gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die tempel was propvol mans en vroue. Al die leiers van die Filistyne was daar. Op die dak van die tempel was daar ook omtrent 3 000 mans en vroue wat kom kyk het hoe Simson hulle gaan vermaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die huis was vol manne en vroue, en al die vorste van die Filistyne was daar, en op die dak omtrent drie duisend manne en vroue wat kyk hoe Simson speel. |
| Afrikaans 1983 | Die tempel was vol mans en vrouens. Al die leiers van die Filistyne was daar, en op die dak was omtrent drie duisend mans en vrouens wat gekyk het hoe Simson hulle vermaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die tempel was vol mans en vroue. Al die regeerders van die Filistyne was daar, en op die dak was ongeveer drieduisend mans en vroue wat na Simson se vermakery gekyk het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die tempel was vol mans en vroue, en die leiers van die Filistyne was vrolik. Op die dak was nog 1 000 Filistyne, mans en vroue, wat vir Simson kom lag het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tempel was vol mense. Al die leiers van die Filistyne was daar. Daar was ook omtrent 3 000 mense op die dak van die tempel, besig om na Simson te kyk en die spot met hom te dryf. |