Judges 16:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Simson sê vir die seun wat hom aan die hand vasgehou het: Laat my toe dat ek die pilare kan voel waarop die huis staan, dat ek daarop kan leun. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir die seun wat hom aan die hand gelei het, gevra: “Laat my by die pilare van die tempel staan dat ek daarteen kan leun.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Simson aan die dienaar wat hom aan die hand hou: Laat my staan, en laat my die pilare betas waar die huis op rus, dat ek daarteen kan leun. |
| Afrikaans 1983 | en hy het vir die helper wat hom aan die hand vasgehou het, gesê: “Laat my so staan dat ek die pilare kan voel waarop die tempel rus en dat ek daarteen kan leun.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Simson sê toe vir die jong man wat hom aan die hand gelei het: “Los my, sodat ek die pilare waarop die tempel rus, kan voel en daarteen kan leun.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Seun het Simson se hand vasgehou, en Simson het vir die seun gesê: “Bring my by die pilare waarop die tempel staan. Ek wil voel waar hulle is en ek wil teen hulle staan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simson het vir die helper wat hom gelei het, gesê: “Ek wil so staan dat ek teen die stutpilare van die tempel kan leun.” |