Judges 16:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die volk hom sien, het hulle hul god geprys, want hulle het gesê: Ons god het ons vyand en die verwoester van ons land, wat baie van ons gedood het, in ons hand gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die mense hom sien, het hulle hulle god begin loof en gesê: “Ons god het ons vyand wat ons land so verwoes het en so baie van ons doodgemaak het, in ons mag gegee!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die volk hom sien, prys hulle hul god; want hulle het gesê: Ons god het ons vyand en die rinneweerder van ons land, wat ook baie van ons laat sneuwel het, in ons hand gegee. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Filistyne hom sien, het hulle hulle god geprys en gesê: “Ons god het ons vyand in ons mag oorgegee, ons vyand wat ons land verwoes het, hy wat so baie van ons doodgemaak het!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die volk hom sien, het hulle hulle god geloof. “Want,” het hulle gesê, “ons god het ons vyand in ons hand gegee – die verwoester van ons land, wat ons gesneuweldes vermeerder het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Filistyne vir Simson sien, het hulle begin om hulle god te prys. Hulle het gesê: “Ons vyand Simson het ons land verwoes en hy het baie van ons mense doodgemaak. En nou het ons god ons gehelp om hom te vang.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [24-25] Die Filistyne was baie bly, en hulle het gesê: “Gaan haal vir Simson dat hy ons kan vermaak!” Nadat hulle hom uit die tronk gehaal het, het hulle hom tussen twee stutpilare van die tempel laat staan. Toe die mense hom so sien staan, het hulle gesing: “Ons god het ons vyand in ons mag oorgegee, die vyand wat ons land verrinneweer het en so baie van ons doodgemaak het!” |