Judges 16:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die vorste van die Filistyne hulle bymekaar laat kom om 'n groot offer aan hulle god Dagon te bring en om bly te wees; want hulle het gesê: Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Die leiers van die Filistyne het saamgekom om in die tempel ’n groot offerfees vir hulle god Dagon te hou. Hulle het vir mekaar gesê: “Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee.”
Afrikaans 1933/1953 En die vorste van die Filistyne het vergader om 'n groot offer te bring aan hulle god Dagon en om vrolik te wees; en hulle het gesê: Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee.
Afrikaans 1983 Die leiers van die Filistyne het bymekaargekom om 'n groot offer te bring vir hulle god Dagon en om fees te vier. Hulle het gesê: “Ons god het ons vyand Simson in ons mag oorgegee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die regeerders van die Filistyne het byeengekom om 'n groot offer aan Dagon, hulle god, te bring en om aan hulle blydskap uiting te gee. Hulle het gesê: “Ons god het Simson, ons vyand, in ons hand gegee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eendag het die leiers van die Filistyne bymekaargekom om vir hulle god Dagon 'n groot offer te bring en om fees te vier. Hulle het gesê: “Ons god het ons gehelp om ons vyand Simson te vang.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers van die Filistyne het ’n groot fees ter ere van hulle god Dagon gehou, waar hulle offers gebring en hom vereer het. “Ons god het ons vyand Simson in ons mag oorgegee,” het hulle gesing.