Judges 16:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die Filistyne het hom geneem en sy oë uitgesteek en hom na Gasa gebring en hom met koperkettings geboei; en hy het in die gevangenis geslyp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Filistyne het hom vasgebind. Hulle het sy oë uitgesteek. Hulle het hom na Gasa toe gevat en hom met twee koperkettings vasgemaak. In die tronk moes hy meel maal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die Filistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek en hom afgebring na Gasa en met koperkettings gebind; en hy moes maal in die gevangenis. |
| Afrikaans 1983 | Die Filistyne het hom gegryp en sy oë uitgesteek. Hulle het hom na Gasa toe gevat en hom met 'n dubbele bronsketting geboei. In die tronk moes hy die meul draai. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe gryp die Filistyne hom en steek sy oë uit. Hulle het hom na Gasa afgeneem en hom met bronskettings geboei. Hy moes toe maalwerk doen in die gevangenis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het hom gegryp en hulle het sy oë uitgesteek. Hulle het hom na die stad Gasa gebring. Daar het hulle hom met koperkettings vasgebind. Hy moes in die tronk die koringmeul draai. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyne het hom gevang en sy oë uitgesteek. Toe vat hulle hom Gasa toe waar hulle hom met ’n dubbele bronsketting geboei het. Terwyl hy in die tronk was, moes hy die meul draai wat die koring gemaal het. |