Judges 16:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy sê: Die Filistyne is op jou, Simson! En hy het uit sy slaap wakker geword en gesê: Ek sal uitgaan soos die vorige kere en my bewe. En hy het nie geweet dat die HERE van hom gewyk het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy roep toe uit: “Die Filistyne het jou kom vang, Simson!” Hy het uit die slaap wakker geword en by homself gedink: “Ek sal weer uit die ding kom soos al die vorige kere.” Maar hy het nie geweet dat die Here hom verlaat het nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê sy: Die Filistyne op jou, Simson! En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat die HERE van hom gewyk het nie.
Afrikaans 1983 Toe sy sê: “Die Filistyne is hier, Simson!” het hy wakker geskrik en gedink: ek sal weer uitstap soos die vorige kere en my losruk. Maar hy het nie besef dat die Here hom verlaat het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sy sê, “Die Filistyne is op jou, Simson!” het hy uit sy slaap wakker geskrik en gedink: “Ek sal uitkom soos elke vorige keer. Ek sal myself losruk.” Hy het egter nie besef dat die Here van hom gewyk het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy het gesê: “Simson, hier is die Filistyne!” En toe Simson wakker word, het hy gedink: Ek sal weer loskom, soos voorheen, ek sal my losruk. Simson het nie geweet die Here is nie meer by hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy skree toe weer vir hom: “Simson, die Filistyne is hier!” Toe hy wakker skrik, het hy gedink: “Ek sal my net weer soos die vorige kere losruk.” Maar hy het nie besef dat die Here hom verlaat het nie.