Judges 16:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar is aan die Gasiete meegedeel en gesê: Simson het hierheen gekom. En hulle het hom omsingel en hom die hele nag in die poort van die stad gewag en die hele nag lank stilgebly en gesê: Môre, as dit dag is, sal ons hom doodmaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense van Gasa het gehoor dat Simson daar was. Hulle het toe saamgekom en by die ingang van die stad die hele nag deur vir hom gesit en wag. Hulle het deur die nag nie ’n geluid gemaak nie. Hulle het met mekaar afgespreek: “Wanneer dit lig word, gaan ons hom doodmaak.”
Afrikaans 1933/1953 Toe die Gasiete die tyding kry: Simson het hier ingekom, omsingel hulle hom en lê hom die hele nag voor by die stadspoort, maar die hele nag het hulle hul stilgehou en gesê: Teen dagbreek sal ons hom doodmaak.
Afrikaans 1983 Daar is toe vir die mense van Gasa vertel: “Simson het hierheen gekom.” Hulle het die huis omsingel en hom die hele nag deur voorgelê by die stadspoort. Hulle het die hele nag in stilte gewag en gedink: môre ligdag maak ons hom dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die mense van Gasa is berig: “Simson het hierheen gekom.” Hulle het die stad omsingel en hom die hele nag by die stadspoort ingewag. Hulle was die hele nag stil, en het gesê: “Teen dagbreek maak ons hom dood.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die mense van Gasa hoor Simson is daar, het hulle vir hom gaan wag by die poort van die stad. Hulle het nie geraas nie en hulle het gedink hulle sal hom doodmaak wanneer dit lig word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die woord het gou die rondte gedoen dat Simson in die omgewing was. Die mense van Gasa het toe die huis omsingel en die hele nag lank vir hom by die stad se hekke gewag. Hulle het doodstil in die donker vir hom gesit en wag en by hulleself gedink: Wag maar, teen dagbreek maak ons hom dood.