Judges 16:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het hom op haar knieë laat slaap; en sy het 'n man geroep en hom die sewe haarlokke van sy hoof laat afskeer; en sy het hom begin verdruk, en sy krag het van hom weggegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy het vir Simson op haar skoot aan die slaap gemaak. Sy het ’n man nadergeroep om Simson se sewe haarlokke af te skeer. Sy het seker gemaak dat hy bedwing sal kan word. Sy krag het verdwyn.
Afrikaans 1933/1953 En sy het hom op haar skoot aan die slaap gemaak en 'n man geroep en die sewe haarvlegsels van sy hoof afgeskeer. En sy het begin om hom te bedwing, en sy krag het van hom gewyk.
Afrikaans 1983 Sy het vir Simson op haar skoot aan die slaap gemaak en 'n man geroep, en hy het Simson se sewe haarlokke afgeskeer. So het sy hom laat swak word, sy krag het verdwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het hom op haar skoot aan die slaap gemaak, iemand geroep en die sewe vlegsels op sy kop afgeskeer. So het sy begin om hom weerloos te maak. Sy krag het van hom gewyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy het Simson aan die slaap gemaak met sy kop op haar skoot en sy het iemand geroep om Simson se hare af te skeer. Toe was Simson nie meer sterk nie, en sy het hom vasgedruk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy het Simson op haar skoot aan die slaap gemaak. Toe roep sy ’n man om sy sewe haarlokke te kom afsny. Sy krag het hom onmiddellik begin verlaat.