Judges 16:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Delíla sien dat hy sy hele hart aan haar vertel het, het sy gestuur en die vorste van die Filistyne laat roep en gesê: Trek hierdie keer op, want hy het sy hele hart aan my getoon. Toe het die vorste van die Filistyne na haar opgetrek en geld in hulle hand gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Delila het gesien dat hy hierdie keer vir haar sy geheim vertel het. Sy het toe die leiers van die Filistyne laat kom en vir hulle gesê: “Hierdie keer moet julle kom! Hy het my nou sy geheim vertel.” Die leiers het gekom en die geld vir die betaling saamgebring.
Afrikaans 1933/1953 Toe Del¡la sien dat hy sy hele hart aan haar bekend gemaak het, laat sy die vorste van die Filistyne roep en sê: Kom hierdie keer op, want hy het sy hele hart aan my bekend gemaak. Toe kom die vorste van die Filistyne na haar op en bring die geld met hulle saam.
Afrikaans 1983 Delila het besef dat hy haar hierdie keer sy lewensgeheim vertel het. Sy het toe die leiers van die Filistyne laat roep: “Kom hierdie keer! Hy het my sy lewensgeheim vertel.” Hulle het toe na haar toe gekom en die geld saamgebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Delila het gesien dat hy sy hele hart vir haar oopgemaak het. Sy het die regeerders van die Filistyne laat roep en gesê: “Kom hierdie keer hierheen op, want hy het vir my sy hele hart oopgemaak.” Die regeerders van die Filistyne het na haar opgegaan met die silwer by hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Delila het toe geweet Simson het vir haar die waarheid vertel en sy het die leiers van die Filistyne laat roep. Sy het vir hulle gesê: “Julle moet kom. Hierdie maal het hy vir my die waarheid vertel.” Die leiers van die Filistyne het na Delila toe gekom en hulle het die geld saamgebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Delila het besef dat hy dié keer die waarheid gepraat het; daarom het sy hierdie boodskap vir die leiers van die Filistyne gestuur: “Kom nog een keer terug. Hierdie keer het hy my die waarheid vertel!” Hulle het toe teruggekom en die geld saam met hulle gebring.