Judges 16:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat hy sy hele hart aan haar vertel en vir haar gesê het: Daar het geen skeermes op my hoof gekom nie; want ek was 'n Nasireër vir God van my moeder se skoot af.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het hy sy hart vir haar oopgemaak. Hy het vir haar gesê: “My hare is nog nooit geskeer nie. Ek is van my geboorte af as nasireër aan God gewy. As my hare afgeskeer word, sal my krag verdwyn. Ek sal dan magteloos wees en soos enige ander mens.”
Afrikaans 1933/1953 En hy het sy hele hart aan haar bekend gemaak en aan haar gesê: Daar het nooit 'n skeermes oor my hoof gekom nie, want ek is 'n nasireër van God van my moeder se skoot af: as ek geskeer sou word, sou my krag van my wyk en ek swak word en wees soos al die mense.
Afrikaans 1983 Toe vertel hy haar sy lewensgeheim. Hy het vir haar gesê: “My hare is nooit geskeer nie, want ek is van my geboorte af aan God gewy. As my hare afgeskeer word, sal my krag verdwyn en ek sal magteloos wees. Ek sal soos 'n gewone mens wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het toe sy hele hart vir haar oopgemaak. Hy het vir haar gesê: “'n Skeermes het nog nooit naby my kop gekom nie, want ek is van die moederskoot af 'n •nasireër van God. As ek geskeer word, sal my krag van my wyk. Ek sal swak word en soos enige ander mens wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe vertel hy vir haar die waarheid. Hy het gesê: “Ek het nooit my hare laat afskeer nie, want ek is 'n nasireër van God vandat ek gebore is. As iemand my hare afskeer, dan sal ek nie meer sterk wees nie, ek sal soos ander mense wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe vir haar die waarheid vertel: “Van my geboorte af is my hare nog nooit gesny nie omdat ek aan God toegewy is. As my hare afgesny word, sal ek net so magteloos wees soos enige ander mens.”