Judges 16:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy sê vir hom: Hoe kan jy sê: Ek het jou lief as jou hart nie met my is nie? U het my al drie maal gespot en my nie vertel waarin u groot krag lê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy kerm toe by hom: “Hoe kan jy sê jy is lief vir my, maar jy vertrou my glad nie? Drie keer het jy my al vir die gek gehou. Jy wil nog steeds nie vir my sê waarin jou krag lê nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê sy vir hom: Hoe kan jy sê: Ek het jou lief! terwyl jou hart nie met my is nie? Drie maal het jy my nou al bedrieg en my nie meegedeel waardeur jou krag so groot is nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê jy het my lief as jy my nie vertrou nie? Jy het my nou al drie keer bedrieg en my nie vertel waarin jou groot krag lê nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê, ‘Ek het jou lief,’ maar jou hart is nie by my nie? Dit is die derde keer dat jy my vir die gek gehou het en nie vir my vertel het waarin jou groot krag lê nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Delila het vir hom gesê: “Jy sê jy is lief vir my, maar jy wil nie vir my die waarheid sê nie. Jy het my nou al drie maal bedrieg en jy het nie vir my gesê hoekom jy so sterk is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê jy het my lief as jy my nie vertrou nie? Jy het my nou al drie keer bedrieg.” |