Judges 16:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het dit met die pen vasgemaak en vir hom gesê: Die Filistyne is op jou, Simson! En hy het uit sy slaap wakker geword en weggegaan met die pen van die balk en met die web.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl hy slaap, het sy so gemaak. Sy roep toe na hom en sê vir hom: “Die Filistyne het jou kom vang, Simson!” Hy het wakker geskrik en die materiaal met dwarspen en al uit die weefstoel geruk.
Afrikaans 1933/1953 Sy druk die toe vas met die pen en sê vir hom: Die Filistyne op jou, Simson! En hy het wakker geword uit sy slaap en die weefpen met die weefsel uitgeruk.
Afrikaans 1983 Toe sy alles klaar met 'n pen vasgesteek het, sê sy vir hom: “Die Filistyne is hier, Simson!” Hy het wakker geskrik en die materiaal met pen en al uit die weefstoel losgeruk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het dit met die pen vasgeslaan en vir hom gesê: “Die Filistyne is op jou, Simson!” Hy het uit sy slaap wakker geskrik en die pen van die weefspoel saam met die skering uitgeruk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy het dit gedoen en sy het alles ook vasgesteek met 'n pen. Toe sê sy vir hom: “Simson, hier is die Filistyne!” Hy het wakker geword en die pen, die wewerspoel en die materiaal alles van die weefstoel afgeruk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl hy geslaap het, het Delila sy sewe haarlokke tussen die materiaal in die weefstoel ingeweef en dit met ’n pen vasgesteek. Toe skree sy weer vir hom: “Simson, die Filistyne is hier!” Hy het wakker geword en sy hare met een pluk uit die weefstoel losgeruk, pen en al.