Judges 16:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Delíla vir Simson: Tot dusver het jy met my gespot en vir my leuens vertel; vertel my waarmee jy gebind kan word. En hy sê vir haar: As jy die sewe haarlokke van my hoof met die weefsel weef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Delila het vir Simson gevra: “Wanneer gaan jy ophou om met my te mors? Jy lieg nog al die tyd vir my. Sê nou regtig vir my waarmee kan jy bedwing word.” Hy sê toe vir haar: “As jy sewe van my haarlokke in die materiaal op jou weefstoel inweef en met die dwarspen vassteek, sal ek so swak wees soos enige ander mens.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Del¡la sê vir Simson: Tot nou toe het jy my bedrieg en vir my leuens vertel; vertel my waarmee jy gebind kan word. En hy antwoord haar: As jy die sewe haarvlegsels van my hoof met die weefsel saam invleg. |
| Afrikaans 1983 | Delila het vir Simson gesê: “Hoe lank gaan jy nog 'n gek van my maak en vir my leuens vertel? Sê my tog waarmee kan jy vasgebind word.” Hy sê toe vir haar: “Jy moet net my sewe haarlokke in jou materiaal op die weefstoel vasweef.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Delila sê toe vir Simson: “Tot nou toe het jy my vir die gek gehou en vir my leuens vertel. Vertel my waarmee jy vasgebind kan word.” Hy het vir haar gesê: “As jy die sewe vlegsels op my kop in die skering van die weefraam inweef.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Delila het vir hom gesê: “Jy het weer vir my 'n leuen vertel en my bedrieg. Sê asseblief vir my hoe kan 'n mens jou vasbind.” Simson sê toe vir haar: “Ek sal swak wees as jy my sewe haarlokke vas weef in die materiaal op jou weefstoel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Delila vir hom: “Jy het my weer vir die gek gehou deur nie vir my die waarheid te vertel nie. Sê nou regtig vir my waarmee ’n mens jou kan vasmaak!” “Goed,” sê hy vir haar, “jy moet net my sewe haarlokke tussen die materiaal op jou weefstoel inweef en dit met ’n pen vasmaak, dan sal ek net so magteloos wees soos enige ander mens.” |