Judges 16:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Delila het toe nuwe toue geneem en hom daarmee vasgebind en vir hom gesê: Die Filistyne oor jou, Simson! En daar was leuenaars wat in die kamer gebly het. En hy het hulle soos 'n draad van sy arms afgebreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Delila het nuwe toue gevat en hom daarmee vasgebind. Sy sê toe vir hom: “Die Filistyne het jou kom vang, Simson!” Daar het weer mans in een van haar kamers weggekruip. Simson het die toue wat om sy arms was, gebreek asof dit garingdrade was.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Del¡la nuwe toue geneem en hom daarmee gebind en vir hom gesê: Die Filistyne op jou, Simson! terwyl die spioene in die kamer klaarsit; maar hy het dit soos 'n draad van sy arms af verbreek.
Afrikaans 1983 Delila het nuwe toue gevat en hom daarmee vasgebind, en toe sê sy vir hom: “Die Filistyne is hier, Simson!” Daar het weer manne in haar kamer weggekruip, maar Simson het die toue aan sy arms gebreek asof dit garingdraad was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Delila het toe nuwe toue geneem en hom daarmee vasgebind. Terwyl dié wat wegkruip in die binnekamer wag, sê sy vir hom: “Die Filistyne is op jou, Simson!” Maar hy het die toue van sy voorarms af gebreek soos 'n garingdraad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Delila het nuwe toue geneem en sy het hom daarmee vasgebind en vir hom gesê: “Simson, hier is die Filistyne!” Daar het weer manne gelê en wag in die kamer. Maar Simson het die toue stukkend gebreek soos garing.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Delila het toe nuwe toue gevat en hom daarmee vasgebind en weer die mans soos die vorige keer in ’n ander vertrek laat wegkruip. Sy skree toe vir hom: “Simson, die Filistyne is hier!” Simson het die toue om sy arms gebreek asof dit garingdraad was.