Judges 16:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir haar: As hulle my vasbind met nuwe toue wat nooit beset was nie, dan sal ek swak wees en soos 'n ander man wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir haar gesê: “Ek sal so swak soos enige ander mens wees as ek stewig vasgebind word met nuwe toue wat nog vir niks anders gebruik is nie.”
Afrikaans 1933/1953 En hy antwoord haar: As hulle my stewig vasbind met nuwe toue waarmee geen werk gedoen is nie, dan sal ek swak word en wees soos 'n ander mens.
Afrikaans 1983 Hy het gesê: “As ek behoorlik vasgebind word met nuwe toue wat nog nooit gebruik is nie, sal ek magteloos wees. Ek sal soos 'n gewone mens wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het haar geantwoord: “As hulle my stewig vasbind met nuwe toue waarmee nog geen werk gedoen is nie, sal ek swak word en soos enige ander mens wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Simson sê toe vir haar: “As mense my styf vasbind met nuwe toue wat hulle nog nooit gebruik het nie, dan sal ek niks kan doen nie. Ek sal soos ander mense wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy antwoord was: “As ek behoorlik vasgemaak word met splinternuwe toue wat nog nooit gebruik is nie, sal ek net so magteloos wees soos enige ander mens.”