Judges 15:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die Filistyne: Wie het dit gedoen? En hulle antwoord: Simson, die skoonseun van die Timniet, omdat hy sy vrou geneem en haar aan sy metgesel gegee het. En die Filistyne het opgetrek en haar en haar vader met vuur verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wie het dit gedoen?” het die Filistyne gevra. “Dit was Simson, die skoonseun van die man uit Timna. Hy het Simson se vrou vir sy strooijonker gegee,” het hulle gesê. Die Filistyne het toe gekom en haar en haar pa laat doodbrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe vra die Filistyne: Wie het dit gedoen? En hulle sê: Simson, die skoonseun van die Timniet, omdat die sy vrou geneem en haar aan sy metgesel gegee het. En die Filistyne het opgetrek en haar en haar vader se huis met vuur verbrand. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Filistyne vra: “Wie het dit gedoen?” is daar gesê: “Simson, die skoonseun van die man uit Timna, want hy het Simson se vrou met sy strooijonker laat trou.” Die Filistyne het toe gekom en haar en haar pa verbrand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyne het gevra: “Wie het dit gedoen?” Die mense het gesê: “Simson, die skoonseun van die man in Timna, omdat hy sy vrou geneem en haar vir sy vertroueling gegee het.” Daarna het die Filistyne opgetrek en haar en haar vader verbrand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het gevra: “Wie het dit gedoen?” en die mense het gesê: “Simson, die skoonseun van die man in Timna. Hy het dit gedoen omdat sy skoonpa sy vrou gegee het vir een van die mans wat saam met hom was op die fees.” Toe gaan die Filistyne en hulle verbrand die vrou en haar pa. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Filistyne vra: “Wie het dit gedoen?” was die antwoord: “Simson, want sy skoonpa uit Timna het sy vrou vir sy strooijonker gegee.” Die Filistyne het toe gegaan en die vrou en haar pa gevat en hulle met hulle huis en al verbrand. |