Judges 15:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hy die brandhoute aan die brand gesteek het, het hy dit in die staande graan van die Filistyne laat ingaan en beide die skokke en ook die staande koring saam met die wingerde en olywe verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die fakkels toe aan die brand gesteek en die jakkalse in die graan van die Filistyne ingejaag. Hy het die gerwe en die miedens, alles laat afbrand. Hy het ook die wingerde en die olyfboorde vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy steek die fakkels aan die brand en los hulle in die ongesnyde graan van die Filistyne; en hy het die miede sowel as die ongesnyde graan en die wingerde en olyfbome aan die brand gesteek. |
| Afrikaans 1983 | Hy het toe die fakkels aan die brand gesteek en die jakkalse tussen die graan van die Filistyne losgelaat. Hy het die miedens en die graan op die land aan die brand gesteek, ook die wingerde en die olyfboorde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe steek hy die fakkels aan die brand en laat die jakkalse los in die ongeoeste graanlande van die Filistyne. Hy het alles, die gepakte gerwe, die ongeoeste graan, selfs die wingerde en olyfboorde aan die brand gesteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het al die fakkels aan die brand gesteek en die jakkalse in die koringlande van die Filistyne ingejaag. Alles het verbrand: die koring-gerwe, die koring op die land, die wingerde en die olyfbome. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het die fakkels aan die brand gesteek en die jakkalse tussen die Filistyne se oeste ingejaag. Hy het al hulle koring afgebrand, dié wat nog in miede gelê het, sowel as dié wat nog op die lande was. Hy het ook hulle wingerde en hulle olyfbome aan die brand gesteek. |