Judges 15:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê haar vader: Ek het waarlik gedink dat jy haar heeltemal gehaat het; daarom het ek haar aan jou metgesel gegee; is haar jonger suster nie mooier as sy nie? neem haar tog in die plek van haar.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het dan gedink jy haat haar,” het haar pa gesê. “Ek het jou strooijonker met haar laat trou. Maar haar jonger sussie is mooier as sy. Jy kan haar maar in haar suster se plek kry.”
Afrikaans 1933/1953 En haar vader het gesê: Ek het vir seker gedink dat jy niks om haar gee nie; daarom het ek haar aan jou metgesel gegee; is haar jonger suster nie mooier as sy nie? Laat sy tog joue word in haar plek.
Afrikaans 1983 Haar pa het gesê: “Ek was doodseker dat jy haar nou haat, en daarom het ek haar vir jou strooijonker gegee. Haar jonger suster is mooier as sy. Jy kan haar kry in jou vrou se plek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Haar vader het gesê: “Ek was vas oortuig dat jy haar heeltemal verwerp het; toe het ek haar vir jou vertroueling gegee. Is haar jonger suster nie mooier as sy nie? Laat sy maar joune word in haar plek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “Ek het gedink jy wil haar nie meer hê nie, en ek het haar vir een van die mans gegee wat op die fees saam met jou was. Maar haar jonger suster is mooier as sy. Jy mag met haar trou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het gedink jy haat haar na wat gebeur het,” het hy gesê, “daarom het ek haar met jou strooijonker laat trou. Maar kyk, haar jonger suster is in elk geval baie mooier as sy. Jy kan met haar trou.”