Judges 15:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar God het 'n hol plek gekloof wat in die kakebeen was, en daar het water daaruit gekom; en nadat hy gedrink het, het sy gees weer gekom, en hy het lewend geword; daarom het hy die naam daarvan Enhakkore genoem, wat in Lehi is tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het God water uit ’n holte by Legi laat borrel. Simson het gedrink en sy krag het teruggekom. Hy het die fontein in Legi “Roepersfontein” genoem. Dit is vandag nog sy naam.
Afrikaans 1933/1953 Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe. Daarom noem hulle dit Roepersfontein, wat vandag nog by Legi is.
Afrikaans 1983 Toe het God die holte by Legi oopgebreek en daar het water uitgekom en Simson het gedrink en weer nuwe krag gekry. Daarom word die fontein in Legi nou nog Roepersfontein genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het God die hol plek wat by Legi is, oopgekloof en daar het water uitgekom. Simson het gedrink, sy asem teruggekry en weer nuwe lewe gehad. Daarom noem hulle dit En-Hakkore, wat in Legi is; dit is vandag nog so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 'n gat in die rots by Legi. Die Here het die rots oopgebreek, en daar het water uitgekom. Simson het water gedrink en hy het weer sterk geword. Die fontein is nou nog daar by Legi. Die mense noem dit “Roeper-fontein.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het God water uit ’n fontein daar in Legi laat uitborrel en Simson kon sy dors les en so sy krag herwin. Daarom word die fontein Roepersfontein genoem. Dit is vandag nog in Legi.