Judges 15:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het baie dors gekry en die HERE aangeroep en gesê: U het hierdie groot verlossing in die hand van u kneg gegee, en nou sal ek van die dors sterf en in die hand van die onbesnedenes val? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Simson het toe baie dors geword. Hy het na die Here geroep: “U het vir u dienskneg hierdie groot oorwinning gegee. Moet ek nou van dors doodgaan en in die mag van heidene val?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val? |
| Afrikaans 1983 | Simson was baie dors en toe roep hy tot die Here: “U het hierdie groot oorwinning deur my moontlik gemaak. Moet ek nou van dors sterf en in die hande van die heidene val?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy was baie dors en het na die Here geroep. Hy het gesê: “Dit is U wat deur die hand van u dienskneg hierdie groot oorwinning bewerk het. Moet ek dan nou van die dors sterf, en in die hand van die onbesnedenes val?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy was baie dors en hy het tot die Here gebid en gevra: “U het my, u dienaar, laat wen. Wil U nou hê ek moet sterf omdat ek nie water het nie? En wil U hê die Filistyne moet my vang, die Filistyne wat nie u mense is nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierna was Simson baie dors en het hy vir die Here gesê: “U het nou hierdie groot oorwinning van my oor die Filistyne moontlik gemaak. Moet ek nou van die dors doodgaan en in die hande van dié klomp heidene val?” |