Judges 15:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Simson: Met die kakebeen van 'n esel, hope op hope, met die kakebeen van 'n esel het ek duisend man gedood.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê toe: “Met ’n donkie se kakebeen het ek hulle opgestapel, met die kakebeen van ’n donkie 1 000 man doodgeslaan.”
Afrikaans 1933/1953 En Simson het gesê: Met 'n eselskakebeen het ek een klomp, twee klompe, met 'n eselskakebeen het ek duisend man verslaan.
Afrikaans 1983 Toe sê hy: “Met die kakebeen van 'n donkie het ek 'n hopie van hulle gemaak, met die kakebeen van 'n donkie het ek duisend man doodgeslaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Simson sê toe: “Met die kakebeen van 'n donkie lê daar 'n hoop, twee hope. Met die kakebeen van 'n donkie het ek duisend man verslaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Simson gesê: “Met die kakebeen van 'n donkie het ek baie van hulle opmekaar laat val, met die kakebeen van 'n donkie het ek 1 000 manne doodgeslaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Simson het toe spottend gesê: “Met ’n donkie se kakebeen het ek ’n hopie niks van hulle gemaak. Met ’n donkie se kakebeen het ek 1 000 mense doodgemaak.”