Judges 15:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy by Lehi kom, het die Filistyne teen hom uitgeroep, en die Gees van die HERE het kragtig oor hom gekom, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos vlas wat met vuur verbrand is, en sy bande het van sy hande losgemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy in Legi aankom, het die Filistyne gejuig en op hom afgestorm. Die Gees van die Here het Simson sterk gemaak. Hy het die toue om sy arms gebreek asof dit garingdraadjies was wat wegbrand. Die toue waarmee hy geboei was, het van sy hande afgeval.
Afrikaans 1933/1953 Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af.
Afrikaans 1983 Toe hy in Legi kom, het die Filistyne hard geskreeu en op hom afgestorm. Maar die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak, en die toue om sy arms was soos garingdraadjies wat brand, en sy boeie het van sy hande afgeval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy by Legi aankom, het die Filistyne hom juigend tegemoetgegaan. Maar die Gees van die Here het van hom besit geneem, en die toue wat om sy voorarms was, het geword soos vlas wat vlam vat – die koorde het van sy hande af gesmelt.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle met Simson by Legi kom, het die Filistyne geskree en gekom om hom aan te val. Maar die Gees van die Here het Simson sterk gemaak. Hy het die toue maklik gebreek waarmee hulle hom vasgebind het. Die toue het so maklik gebreek soos garing wat brand en dit het afgeval van sy arms.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hy in Legi aankom, het die Filistyne van blydskap gejuig en op hom afgestorm. Maar die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak en hy het die toue om sy arms gebreek asof hulle garingdraadjies was. Dit het gelyk of die boeie sommer van sy hande afval.