Judges 15:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het met hom gespreek en gesê: Nee; maar ons sal jou vasbind en jou in hulle hand gee; maar ons sal jou sekerlik nie doodmaak nie. En hulle het hom met twee nuwe toue gebind en hom van die rots af opgebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het hom belowe: “Ons sal jou nie doodmaak nie. Ons gaan jou net boei en aan die Filistyne uitlewer. Ons sal jou regtig nie doodmaak nie.” Hulle het hom toe met twee nuwe toue vasgemaak en hom weggeneem van die skeur af. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle antwoord hom: Nee, ons sal jou net vasbind en oorgee in hulle hand, maar doodmaak sal ons jou stellig nie. Daarop bind hulle hom vas met twee nuwe toue en bring hom op uit die rots. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het hom beloof: “Goed! Ons sal jou nie doodmaak nie. Ons sal jou net boei en aan die Filistyne uitlewer.” Die manne het hom toe met twee nuwe toue vasgebind en hom van die rots af weggevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het hom geantwoord: “Nee, want ons gaan jou net goed vasbind en aan hulle oorhandig, maar ons sal jou beslis nie doodmaak nie.” Hulle het hom toe met twee nuwe toue vasgebind en hom uit die rotsskuiling opgevat na buite. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gesê: “Nee, ons wil jou nie doodmaak nie, maar ons wil jou styf vasbind en jou vir die Filistyne gee.” Hulle het hom met twee nuwe toue vasgebind en hulle het hom uit die kloof gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Goed,” het hulle gesê, “ons belowe ons sal jou net boei en aan die Filistyne uitlewer. Ons wil jou nie doodmaak nie.” Hulle het hom toe met twee nuwe toue vasgebind en van die grot by die rots van Etam af weggevat. |