Judges 15:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê vir hom: Ons het afgekom om jou te bind, dat ons jou in die hand van die Filistyne kan gee. En Simson sê vir hulle: Sweer vir my dat julle nie self op my sal val nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense van Juda sê toe vir hom: “Ons het jou kom vang om jou aan die Filistyne uit te lewer.” “Goed,” het Simson vir hulle gesê. “Beloof my net dat julle my nie sal doodmaak nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê hulle vir hom: Ons het afgekom om jou te bind, om jou oor te gee in die hand van die Filistyne. En Simson sê aan hulle: Sweer vir my dat julle nie self op my sal aanval nie.
Afrikaans 1983 Die manne van Juda sê toe vir hom: “Ons het jou kom boei om jou aan die Filistyne uit te lewer.” Simson het vir hulle gesê: “Lê eers vir my 'n eed af dat julle my nie om die lewe sal bring nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sê toe vir hom: “Dit is om jou gevange te neem dat ons hierheen afgekom het; om jou in die hande van die Filistyne oor te gee.” Simson het vir hulle gesê: “Lê vir my 'n eed af dat julle my nie self sal aanval nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sê toe vir Simson: “Ons het gekom om jou vas te bind en om jou vir die Filistyne te gee.” Simson het vir hulle gesê: “Julle moet eers belowe julle sal my nie aanval nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sê toe vir hom: “Wel, ons het jou kom haal om jou aan die Filistyne uit te lewer.” Toe sê Simson vir hulle: “Belowe my eers julle sal my nie doodmaak nie.”