Judges 15:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het drie duisend man van Juda na die top van die rots Etam gegaan en vir Simson gesê: Weet jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie? wat is dit wat U ons aangedoen het? En hy sê vir hulle: Soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uit Juda is toe 3 000 man af na die skeur by Etam. Hulle vra vir Simson: “Onthou jy dan nie dat die Filistyne oor ons heers nie? Wat het jy ons nou aangedoen?” Hy het hulle geantwoord: “Ek doen maar net met die Filistyne wat hulle aan my gedoen het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop trek drie duisend man uit Juda af na die rotskloof van Etam en vra vir Simson: Weet jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen? En hy sê aan hulle: Soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Toe gaan drie duisend man van Juda na die rotskloof toe by Etam en hulle vra vir Simson: “Het jy nie besef dat die Filistyne oor ons heers nie? Wat het jy ons nou aangedoen?” Hy het hulle geantwoord: “Ek het die Filistyne net aangedoen wat hulle mý aangedoen het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Drieduisend man uit Juda het toe afgegaan na die rotsskeur by Etam. Hulle het vir Simson gesê: “Weet jy dan nie dat die Filistyne oor ons heers nie? Wat het jy ons nou aangedoen?” Maar hy het vir hulle gesê: “Wat hulle aan my gedoen het, het ek net so aan hulle terug gedoen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het 3 000 mans van Juda na die Etam-kloof gegaan en vir Simson gesê: “Jy weet die Filistyne regeer oor ons. Hoekom het jy vir ons probleme gebring?” Simson het vir hulle gesê: “Ek het aan die Filistyne gedoen wat hulle aan my gedoen het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe gaan 3 000 mense van Juda na die grot toe by Etam en hulle vra vir Simson: “Besef jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie? Wat doen jy aan ons?” Hy het hulle geantwoord: “Ek het hulle net terugbetaal vir wat hulle aan my gedoen het.” |