Judges 15:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar 'n rukkie daarna, in die tyd van die koring-oes, het Simson sy vrou besoek met 'n bokkie; en hy sê: Ek sal by my vrou ingaan in die kamer. Maar haar pa wou hom nie toelaat om in te gaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was die tyd toe die koring geoes is. Simson het ’n bokkie gevat om vir sy vrou te gee. Hy het vir homself gesê: “Ek wil by my vrou gaan slaap.” Haar pa wou hom nie laat ingaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar 'n tyd daarna het Simson in die dae van die koringoes sy vrou besoek met 'n bokkie en gesê: Laat ek na my vrou in die kamer ingaan; maar haar vader het hom nie toegelaat om in te gaan nie. |
| Afrikaans 1983 | 'n Ruk later, in die koringoestyd, het Simson vir sy vrou gaan kuier en 'n bokkie saamgevat. Hy het gesê: “Ek wil by my vrou gaan slaap.” Maar haar pa wou hom nie toelaat nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Ruk later, in die tyd van die koringoes, het Simson sy vrou gaan besoek met 'n bokkie. Hy het gedink: “Ek wil by my vrou ingaan, in die binnekamer.” Maar haar vader het hom toegang geweier. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Later, toe die mense begin koring sny, het Simson 'n bokkie geneem en na sy vrou toe teruggegaan. Hy het vir haar pa gesê: “Ek wil na my vrou toe gaan in haar kamer.” Maar haar pa wou hom nie laat ingaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Ruk later, tydens die oestyd, het Simson weer vir sy vrou gaan kuier. Hy het ’n bokkie as geskenk vir haar saamgevat. Hy was van plan om by haar te gaan slaap. Haar pa wou hom egter nie toelaat nie. |