Judges 14:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het daarvan in sy hande geneem en aangehou om te eet, en by sy vader en moeder gekom, en hy het hulle gegee, en hulle het geëet; maar hy het hulle nie vertel dat hy die heuning uit die aas van die leeu geneem het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het met sy hand van die heuning uitgehaal en langs die pad daaraan loop en eet. Hy het ook vir sy ouers daarvan gegee. Hulle het ook daarvan geëet, maar nie geweet dat hy die heuning uit die leeu se karkas gehaal het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het dit uitgehaal in sy hande en aldeur geloop en eet, en na sy vader en sy moeder gegaan en aan hulle gegee; en hulle het geëet, maar dat hy die heuning uit die dooie liggaam van die leeu uitgehaal het, vertel hy hulle nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het heuning in sy hand gevat en daarvan geloop en eet. Toe hy by sy ouers kom, het hy vir hulle ook gegee, en hulle het geëet, maar hy het hulle nie vertel dat hy die heuning uit die karkas van 'n leeu gekry het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dit uitgekrap in sy hande en daarvan geloop en eet. Hy het na sy vader en moeder gegaan, vir hulle daarvan gegee en hulle het ook geëet. Maar hy het nie vir hulle vertel dat hy die heuning uit die karkas van die leeu gekrap het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die heuning in sy hand gekrap en hy het geloop en daarvan geëet. Toe hy by sy ouers kom, het hy vir hulle ook heuning gegee, en hulle het geëet. Hy het die heuning uit die leeu se geraamte gehaal, maar hy het dit nie vir sy ouers vertel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het van die heuning uitgehaal en dit geloop en eet. Toe hy by sy pa-hulle kom, het hy vir hulle ook van die heuning gegee om te eet. Hy het hulle nie vertel dat hy die heuning uit die leeu se karkas gehaal het nie. |