Judges 14:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná 'n tyd het hy teruggekeer om haar te neem, en hy het weggedraai om die lyk van die leeu te sien; en kyk, daar was 'n swerm bye en heuning in die lyk van die leeu. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hy later weer vir die troue terugkom na Timna toe, het hy afgedraai om na die leeu se karkas te gaan kyk. ’n Swerm bye was besig om daarin heuning te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n tyd daarna het hy teruggegaan om haar te gaan haal; en toe hy uitdraai om na die dooie leeu te kyk, was daar 'n swerm bye in die dooie liggaam van die leeu, en heuning. |
| Afrikaans 1983 | Toe hy 'n ruk later terug is Timna toe om met haar te gaan trou, het hy afgedraai om na die geraamte van die leeu te gaan kyk. Daar was 'n swerm bye met heuning in die karkas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy 'n ruk later teruggaan om met haar te trou, het hy afgedraai om na die oorskot van die leeu te kyk. En sowaar, daar was 'n swerm bye in die karkas van die leeu, en heuning. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Later het Simson teruggegaan na Timna om met die vrou te trou. Hy het langs die pad gestop om te kyk na die geraamte van die leeu. Daar was 'n swerm bye binne-in die geraamte, en daar was heuning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later, op pad terug Timna toe vir die troue, het Simson van die pad afgedraai om na die leeu se geraamte te gaan kyk. Daar kry hy toe ’n swerm bye wat in die karkas nes gemaak het met heuning daarin. |