Judges 14:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Gees van die HERE het kragtig oor hom gekom, en hy het hom geskeur soos hy 'n bokkie wou skeur, en hy het niks in sy hand gehad nie; maar hy het sy vader of sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Gees van die Here het in hom gekom. Hy het met sy kaal hande die leeu se kake uitmekaargeskeur, soos ’n mens ’n bokkie verskeur. Simson het niks daarvan vir sy ouers gesê nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword; en hy het dit verskeur soos 'n mens 'n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie.
Afrikaans 1983 Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak en hy het die leeu kaalhand uitmekaar geskeur asof dit 'n bokkie was. Simson het nie vir sy ouers vertel wat hy gedoen het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die Gees van die Here het van hom besit geneem, en hy het die leeu uitmekaar geskeur soos 'n mens 'n bokkie uitmekaar sou skeur. Daar was niks in sy hand nie. Hy het egter nie vir sy vader en moeder vertel wat hy gedoen het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak, en Simson het die leeu met sy kaal hande doodgemaak, so maklik soos 'n mens 'n bokkie doodmaak. Hy het nie vir sy ouers daarvan vertel nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Gees van die Here het Simson sterk gemaak en hy het die leeu met sy kaal hande uitmekaargeskeur asof dit ’n bokkie was. Simson het nie vir sy ouers vertel wat hy gedoen het nie.