Judges 14:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Simson en sy vader en sy moeder na Timna gegaan en by die wingerde van Timna gekom, en kyk, 'n jong leeu het teen hom gebrul. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Simson en sy ouers op pad was na Timna toe, het ’n jong leeu hom naby die wingerde van Timna aangeval. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Simson het met sy vader en sy moeder afgegaan na Timna; en toe hulle by die wingerde van Timna kom, storm daar 'n jong leeu brullende op hom af. |
| Afrikaans 1983 | Simson en sy ouers is toe na Timna toe. By die wingerde van Timna het 'n jong leeu brullend op Simson afgestorm. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Simson, sy vader en moeder het toe afgegaan na Timna. Toe hulle by die wingerde van Timna kom, storm daar skielik 'n jong leeu al brullend op hom af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Simson en sy ouers het na Timna gegaan, en toe hulle by die wingerde van Timna kom, was daar 'n leeu wat gebrul het en wat vir Simson wou vang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simson en sy ouers is toe weg Timna toe. By die wingerde naby Timna het ’n jong leeu op Simson afgestorm. |