Judges 14:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die HERE was dat hy 'n geleentheid teen die Filistyne gesoek het nie, want in dié tyd het die Filistyne oor Israel geheers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy ouers het nie agtergekom dat dit eintlik van die Here af gekom het nie. Die Filistyne het op daardie stadium oor Israel geheers. God het na ’n geleentheid gesoek om iets aan die Filistyne te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die HERE kom nie; want hy het rede gesoek teen die Filistyne; in die tyd naamlik het die Filistyne oor Israel geheers. |
| Afrikaans 1983 | Sy ouers het nie besef dat dit alles van die Here kom nie, want Hy wou 'n geleentheid skep om die Filistyne te straf: in dié tyd het die Filistyne oor Israel geheers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy vader en moeder het egter nie geweet dat dit van die Here kom nie, want Hy wou 'n geleentheid teen die Filistyne vind. In dié tyd het die Filistyne oor Israel geheers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die Here wat dit laat gebeur het, maar Simson se ouers het dit nie geweet nie. Die Here wou die Filistyne straf. Hulle het in daardie tyd oor die Israeliete regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy ouers het nie besef dat die Here agter alles sit nie, want die Here het ’n geleentheid gesoek om die Filistyne op hulle plek te sit. In daardie stadium het die Filistyne oor die Israeliete regeer. |