Judges 14:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê sy vader en sy moeder vir hom: Is daar nooit 'n vrou onder die dogters van jou broers of onder my hele volk, dat jy 'n vrou van die onbesnede Filistyne gaan neem nie? En Simson sê vir sy vader: Kry haar vir my; want sy behaag my goed.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy ouers vra toe vir hom: “Is daar nie iemand tussen die mense van jou stam of onder jou volksgenote met wie jy kan trou nie? Moet jy nou onder die heidense Filistyne ’n vrou vat?” Simson het vir sy pa gesê: “Kry haar vir my. Ek wil haar hê.”
Afrikaans 1933/1953 Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar onder die dogters van jou broers en onder my hele volk nie 'n vrou, dat jy heengaan om 'n vrou uit die Filistyne, die onbesnedenes, te neem nie? En Simson sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my.
Afrikaans 1983 Maar sy ouers vra vir hom: “Is daar nie onder jou familie of onder al jou volksgenote 'n vrou nie dat jy na die heidene, die Filistyne, toe moet gaan om te trou?” Simson het vir sy pa gesê: “Kry haar vir my, want ek hou van haar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy vader en moeder sê toe vir hom: “Is daar onder die meisies van jou volksgenote, ja, onder my hele volk dan nie 'n vrou nie, dat jy moet gaan om 'n vrou te kry onder die onbesnede Filistyne? ” Maar Simson het vir sy vader gesê: “Kry háár vir my, want in my oë is sy die regte een.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Simson se pa en ma het vir hom gesê: “Is daar nie by jou eie mense en in ons hele volk 'n vrou vir jou nie? Hoekom wil jy 'n vrou gaan haal by die Filistyne? Hulle is nie die Here se mense nie.” Maar Simson het vir sy pa gesê: “Sy is die vrou wat julle vir my moet kry, want ek hou van haar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle vra toe vir hom: “Is daar nie onder jou eie mense ’n vrou van wie jy dalk hou nie? Hoekom moet jy nou onder die heidense Filistyne vir jou ’n vrou gaan soek?” Maar Simson het vir sy pa gesê: “Ek hou van haar, ek wil met haar trou.”