Judges 14:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het opgekom en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het 'n vrou in Timna gesien uit die dogters van die Filistyne; neem haar dan nou vir my as vrou.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy teruggaan, het hy sy ouers van haar vertel: “Ek het in Timna ’n Filistynse meisie gesien. Gaan kry haar dat ek met haar kan trou.”
Afrikaans 1933/1953 en hy het opgegaan en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het 'n vrou uit die dogters van die Filistyne in Timna gesien; neem haar dan nou as vrou vir my.
Afrikaans 1983 Hy het teruggegaan en vir sy ouers vertel: “Ek het 'n vrou in Timna gesien, 'n Filistynse meisie. Gaan kry haar vir my as vrou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy gaan toe op, en vertel dit vir sy vader en moeder. Hy het gesê: “Ek het 'n vrou onder die Filistynse meisies in Timna raakgesien. Kry haar dan nou vir my as vrou. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hy terugkom, het hy vir sy ouers vertel van haar. Hy het gesê: “Ek het in Timna 'n vrou gesien, 'n Filistynse meisie. Nou wil ek hê julle moet met haar ouers gaan praat, want ek wil met haar trou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy is terug huis toe waar hy vir sy pa-hulle gesê het: “Ek het ’n Filistynse meisie in Timna gesien met wie ek wil trou. Tref asseblief die nodige reëlings.”