Judges 14:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Gees van die HERE het oor hom gekom, en hy het na Askelon afgegaan en van hulle dertig man gedood en hulle buit geneem en klere aan die wat die raaisel uitgelê het, klere gegee. En sy toorn het ontvlam, en hy het opgegaan na sy vader se huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Gees van die Here het in Simson gekom. Hy het afgegaan na Askelon en 30 van hulle mans doodgeslaan. Hy het hulle besittings afgevat en daaruit 30 stelle klere gevat vir die mans wat die raaisel uitgelê het. Hy was briesend. Hy is toe terug na sy pa se huis toe.
Afrikaans 1933/1953 En die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword. Toe gaan hy af na Askelon en slaan dertig man van hulle dood, en neem hulle uitrustings en gee die stelle klere aan die wat die raaisel uitgelê het; en hy het kwaad geword en opgegaan na die huis van sy vader.
Afrikaans 1983 Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak, en hy is af Askelon toe. Daar het hy dertig man doodgeslaan en hulle klere gevat en vir die mans gegee wat die raaisel uitgelê het. Hy was baie kwaad en is na sy pa se huis toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Gees van die Here het van hom besit geneem en hy het afgegaan na Askelon. Hy het dertig man van hulle doodgeslaan, hulle uitrustings geneem en die klere vir dié wat die raaisel verklaar het, gegee. Hy was woedend en het opgegaan na sy vader se huis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak. Simson het na die stad Askelon gegaan en daar het hy 30 mans doodgeslaan. Hy het hulle klere uitgetrek en die mooi oor-klere vir die mans gegee wat die antwoord van die raaisel vir hom gesê het. Hy was baie kwaad en hy het teruggegaan na sy pa se huis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak en hy is af na Askelon toe. Daar het hy 30 mans doodgemaak, hulle klere uitgetrek en dit vir die mans gegee wat die raaisel uitgelê het. Hy was so kwaad oor wat gebeur het dat hy terug is na sy ouerhuis toe om daar te gaan bly.