Judges 14:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die manne van die stad vir hom op die sewende dag voor sonsondergang: Wat is soeter as heuning? en wat is sterker as 'n leeu? En hy sê vir hulle: As julle nie met my koei geploeg het nie, het julle my raaisel nie uitgevind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Net voor sononder op die sewende dag het die mense van die stad vir Simson die antwoord kom gee: “Wat is daar wat soeter is as heuning? En wat is daar wat sterker is as ’n leeu?” Simson sê toe vir hulle: “As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle nooit die antwoord op my raaisel kon kry nie!”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê die manne van die stad aan hom op die sewende dag voor sonsondergang: Wat is soeter as heuning, en wat is sterker as 'n leeu? En hy antwoord hulle: As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle my raaisel nie geraai het nie.
Afrikaans 1983 Op die sewende dag, net voor sononder, sê die mense van die stad toe vir Simson: “Wat is soeter as heuning? Wat is sterker as 'n leeu?” Hy sê toe vir hulle: “Julle het met my kalf geploeg anders sou julle nie die antwoord op my raaisel gevind het nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne van die stad het op die sewende dag, net voor sononder, vir Simson gesê: “Wat is soeter as heuning en wat is sterker as 'n leeu?” Hy sê toe vir hulle: “As julle nie met my vers geploeg het nie, sou julle nie my raaisel kon oplos nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Voor die son op die sewende dag ondergegaan het, het die mense van die stad vir Simson gesê: “Wat is soeter as heuning, wat is sterker as 'n leeu?” Simson het vir hulle gesê: “Julle het die antwoord by my vrou gekry. Julle sou dit nooit self gekry het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die sewende dag van die fees, net voor sononder, het die mense van die dorp na Simson toe gekom en vir hom gesê: “Wat is soeter as heuning en wat is sterker as ’n leeu?” Hy sê toe vir hulle: “As julle nie by my vrou gaan neul het nie, sou julle nie die antwoord op die raaisel gekry het nie.”