Judges 14:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het die sewe dae lank voor hom geween, terwyl hulle fees geduur het; en op die sewende dag het hy haar dit meegedeel, omdat sy hom seergemaak het; en sy het die raaisel aan die kinders van haar volk vertel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elke keer as hy by haar kom, het sy begin neul. So het dit die res van die tyd van die fees gegaan. Op die sewende dag het hy vir haar die oplossing gegee, want sy wou hom nie met rus laat nie. Sy het toe die oplossing vir haar mense gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar sy het die sewe dae wat hulle maaltyd geduur het, by hom gehuil; en op die sewende dag het hy dit vir haar uitgelê; want sy het hom gepers en so die raaisel vir haar volksgenote uitgelê. |
| Afrikaans 1983 | Sy het die hele sewe dae van die fees by hom geneul en op die sewende dag het hy dit vir haar vertel, want sy het hom bly lastig val. Sy het toe die antwoord op die raaisel vir haar mense gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar sy het die sewe dae wat hulle bruilofsfees geduur het, by hom bly kerm. Op die sewende dag het hy dit vir haar verklaar, omdat sy so by hom geneul het. Sy het toe die raaisel vir die jong manne van haar mense verklaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het aangehou huil by hom, al die dae terwyl hulle feesgevier het, en op die sewende dag het hy vir haar die antwoord gesê, want sy het nie opgehou vra nie. Sy het toe die antwoord vir haar mense gesê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het die hele feestyd by hom bly neul daaroor. Op die sewende dag was hy uiteindelik moeg daarvoor en het vir haar die antwoord gegee. |