Judges 14:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Simson se vrou het voor hom geween en gesê: Jy haat my maar en het my nie lief nie; jy het vir die kinders van my volk 'n raaisel gestel en dit vir my nie vertel nie. En hy sê vir haar: Kyk, ek het dit nie my vader en my moeder vertel nie, en sal ek dit vir jou vertel?
Afrikaans (NLV) 2011 Simson se vrou het by hom gaan neul: “Jy het my nie regtig lief nie. Jy haat my. Jy het dan vir my mense ’n raaisel gegee en nie eers vir my gesê wat dit beteken nie!” Simson het vir haar gesê: “Ek het dit nie eers vir my eie ouers vertel nie. Hoekom sou ek dit vir jou gee?”
Afrikaans 1933/1953 Toe huil die vrou van Simson by hom en sê: Jy haat my net en het my nie lief nie; jy het my volksgenote die raaisel opgegee, maar vir my het jy dit nie uitgelê nie. En hy antwoord haar: Kyk, vir my vader en my moeder het ek dit nie uitgelê nie, sou ek dit dan vir jou uitlê?
Afrikaans 1983 Simson se vrou het by hom gehuil en gesê: “Jy haat my. Jy het my nie lief nie. Jy het my mense 'n raaisel gevra sonder om vir my te sê wat dit beteken.” Hy het vir haar gesê: “Hoe sou ek dit vir jou vertel? Ek het dit selfs nie vir my ouers vertel nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Simson se vrou het toe by hom gekerm en gesê: “Jy haat my net; jy het my nie lief nie. Jy het vir die jong manne van my mense 'n raaisel gevra, maar vir my het jy dit nie verklaar nie.” Hy sê toe vir haar: “Kyk, vir my pa en ma het ek dit nie eers verklaar nie; moet ek dit dan vir jou verklaar?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Simson se vrou het toe by hom gehuil en gesê: “Jy haat my, jy is nie lief vir my nie. Jy vra vir my mense 'n raaisel, maar jy sê nie vir my die antwoord nie.” Simson het vir haar gesê: “Ek het ook nie vir my ouers die antwoord gesê nie. Hoekom moet ek dit vir jou sê?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Simson se vrou het toe by hom gaan huil en gesê: “Jy het my nie lief nie, jy haat my! Jy het vir my vriende ’n raaisel gevra sonder om eers vir my te sê wat dit beteken.” “Maar ek het dit nie eens vir my pa-hulle vertel nie,” het hy vir haar gesê, “waarom sou ek vir jou die antwoord gee!”