Judges 14:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die sewende dag het hulle vir Simson se vrou gesê: Verlok jou man, dat hy vir ons die raaisel kan verkondig, sodat ons jou en jou vader se huis nie met vuur verbrand nie; het jy ons geroep om te neem wat ons het? is dit nie so nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Op die vierde dag sê hulle vir Simson se vrou: “Oorreed jou man om die oplossing van die raaisel vir ons te gee. Anders sal ons jou doodmaak en jou pa se huis met vuur verbrand. Het jy ons uitgenooi om ons te verarm?”
Afrikaans 1933/1953 En op die vierde dag sê hulle aan die vrou van Simson: Haal jou man oor dat hy die raaisel vir ons uitlê, anders verbrand ons jou en die huis van jou vader met vuur; het julle ons genooi om ons te berowe, of hoe?
Afrikaans 1983 Die sewende dag sê hulle toe vir Simson se vrou: “Haal jou man oor om die antwoord op die raaisel aan ons bekend te maak, anders verbrand ons jou en jou familie. Het jy ons hierheen genooi om ons kaal uit te trek?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die sewende dag sê hulle vir Simson se vrou: “Praat jou man om, sodat hy die raaisel vir ons verklaar, anders verbrand ons jou en jou familie. Is dit om ons besittings af te neem dat julle ons genooi het, of nie? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die sewende dag het hulle vir Simson se vrou gesê: “Jy moet vir jou man vra wat die antwoord is en jy moet dit vir ons sê. As jy dit nie doen nie, dan sal ons jou en jou pa se familie verbrand. Het julle ons genooi om na die fees te kom sodat ons arm moet word? Ja of nee?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die vierde dag het hulle vir Simson se vrou gesê: “Haal jou man oor om vir ons die raaisel se antwoord te gee. So nie, verbrand ons jou en jou familie. Of het julle ons dalk hierheen genooi om ons te beroof?”