Judges 14:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as julle dit vir my nie kan verklaar nie, moet julle vir my dertig lakens en dertig ander klere gee. En hulle sê vir hom: Stel jou raaisel voor, dat ons dit kan hoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle dit nie kan oplos nie, gee julle vir my 30 hemde en 30 stelle klere.” Hulle stem toe in: “Goed, laat ons jou raaisel hoor.” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar as julle dit vir my nie kan uitlê nie, dan moet julle my dertig hemde en dertig stel klere gee. Toe sê hulle vir hom: Gee maar jou raaisel op, dat ons dit hoor. |
| Afrikaans 1983 | maar as julle dit nie kan doen nie, moet julle vir my dertig linnehemde en dertig stelle klere gee.” Hulle het hom geantwoord: “Gee jou raaisel! Ons wil dit hoor!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as julle dit nie vir my kan verklaar nie, moet julle vir my dertig stukke onderklere en dertig stelle feesklere gee.” Hulle sê toe vir hom: “Vra jou raaisel, sodat ons dit kan hoor.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as julle nie vir my die antwoord kan sê nie, dan moet julle elkeen vir my 'n onderkleed en 'n mooi oorkleed gee.” Die mans het vir Simson gesê: “Goed, vra vir ons die raaisel. Ons wil dit hoor.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar as julle dit nie kan doen nie, moet julle vir my 30 linnehemde en 30 stelle klere gee.” “Reg so,” het hulle gesê, “kom ons hoor wat is jou raaisel!” |