Judges 14:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Simson vir hulle: Ek sal nou vir julle 'n raaisel voorlê; as julle dit sekerlik binne die sewe dae van die fees aan my kan verkondig en dit uitvind, dan sal ek vir julle dertig lakens en dertig kleredrag gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Simson het vir hulle gesê: “Ek wil julle graag ’n raaisel vra. As julle binne die sewe dae van die fees vir my kan sê wat dit beteken, sal ek vir julle 30 hemde en 30 stelle klere gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Simson sê aan hulle: Laat my tog vir julle 'n raaisel opgee; as julle dit vir my reg uitlê gedurende die sewe dae van die maaltyd en dit uitvind, dan sal ek julle dertig hemde en dertig stel klere gee; |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir hulle gesê: “Laat ek julle 'n raaisel vra. As julle my die raaisel se antwoord binne die sewe feesdae kan gee, sal ek vir julle dertig linnehemde en dertig stelle klere gee, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Simson sê toe vir hulle: “Ek wil julle graag 'n raaisel vra. As julle dit vir my binne die sewe dae van die bruilofsfees volledig kan verklaar, ja, dit kan oplos, sal ek vir julle dertig stelle onderklere en dertig stelle feesklere gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Simson het vir die mans gesê: “Ek wil vir julle 'n raaisel vra. Julle moet probeer uitvind wat die antwoord is, en as julle dit vir my kan sê voor die sewe dae van die fees verby is, dan sal ek vir julle elkeen 'n onderkleed en 'n mooi oorkleed gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Simson sê toe vir hulle: “Kom ek vra julle ’n raaisel. As julle die raaisel binne die sewe dae wat die fees aanhou, kan oplos, sal ek vir julle 30 linnehemde en 30 stelle klere gee. |