Judges 13:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En God het geluister na die stem van Manóag; en die engel van God het weer na die vrou gekom terwyl sy in die veld sit, maar haar man Manóag was nie by haar nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God het Manoag se gebed verhoor. God se engel het weer na die vrou toe gekom. Sy was op daardie oomblik in die veld. Haar man, Manoag, was toe nie by haar nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En God het geluister na die stem van Manoag, sodat die Engel van God nog 'n keer na die vrou gekom het terwyl sy in die veld sit en haar man Manoag nie by haar was nie. |
| Afrikaans 1983 | God het Manoag se gebed verhoor, en die Engel van God het weer na die vrou toe gekom. Sy het in die veld gesit, en haar man Manoag was nie by haar nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God het geluister na die versoek van Manoag. Die Engel van God het weer na die vrou gekom terwyl sy in die veld gesit het; maar haar man, Manoag, was nie by haar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het gedoen wat Manoag gevra het. Die Engel van God het weer na die vrou toe gekom. Sy het in die veld gesit en haar man Manoag was nie by haar nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het Manoag se gebed verhoor, en die Engel van God het weer na die vrou toe gekom waar sy alleen in die veld gesit het. Manoag was nie by haar nie. |